HOUT / WOOD

KAMEELDORING

Kameeldoring is een van die mees gesogte braaihoutsoorte in Suid-Afrika. Dit groei natuurlik in die droë gebiede van Namibië , die Kalahari en dele van Suid-Afrika. Die hout is uiters dig en hard, wat dit ideaal maak vir braai en potjiekos. Die beste braaihout kom gewoonlik van natuurlik afgestorwe bome wat wettig geoes word.

Hoe dit brand: Hoë hitte-uitset, vorm uitstekende kole, min rook wanneer dit droog is, min vonke. Dit brand 2 tot 4 uur per stuk, afhangend van die grootte.

Kameeldoring bou stadig hitte op, hou lank kole, perfek vir lang braaisessies, minder hout nodig as meeste ander houtsoorte.

Ideaal vir enige braai, potjies en kampvure, asook vir steak braai, waar hoë hitte nodig is en lang aand braaie.

Namibiese Kameeldoring – Braai warm, brand lank, maak uitstekende kole, min rook, min as, premium kwaliteit braaihout.

Vir die beste resultate – begin die vuur 45 – 60 minute voor braaityd, wag totdat jy ‘n goeie laag rooi kole het, braai oor die kole eerder as oop vlamme, hou ekstra Kameeldoring byderhand vir ‘n langer braai.

Kameeldoring is die koning van braaihout wanneer jy maksimum hitte, lang brandtyd en uitstekende kole wil hê.

Kameeldoring is one of the most sought-after braai wood types in South Africa. It grows naturally in the arid regions of Namibia, the Kalahari and parts of South Africa. The wood is extremely dense and hard, which makes it ideal for braai and potjiekos. The best braai wood usually comes from naturally deceased trees that are harvested legally.

How it burns: High heat output, forms excellent coals, little smoke when dry, few sparks. It burns 2 to 4 hours per piece, depending on the size.

Kameeldoring builds heat up slowly, keeps coals for a long time, perfect for long braai sessions, less wood needed than most other wood types.

Best for any braai, potjie as well as campfires, as well as for steak braai when you need intense heat and long enjoyable braais.

Namibian Kameeldoring – burns long with warm firee, makes excellent coals, little smoke and ash, premium quality braai wood.

For the best results – start the fire 45 – 60 minutes before braai time, wait until you have a good layer of red coals, braai over the coals rather than open flames, keep extra Kameeldoring on hand for longer braais.

Kameeldoring is the king of braai wood when you want maximum heat, long burn time and excellent coals.

SEKELBOS

Sekelbos is nie “ligte braaihout” nie – dit is ‘n industrie-vlak hittehout wat gebruik word waar vuur nie mag faal nie. Hierdie hout kom uit die bosveldstreke van Suid-Afrika en dele van Namibië en Botswana. Dit is ‘n stadig groeiende hardehout met ‘n baie digte veselstruktuur, wat beteken dit brand anders as gewone vuurmaakhout.

Wat dit bied is ‘n baie hoë hitte-uitset (nie net “warm” nie – intense hitte), lang stabiele kole wat nie vinnig uitbrand nie, betroubare vuur vir lang braaisessies en min rook wanneer dit reg gedroog is.

Sekelbos is geskik vir groot familiebraaie waar vuur lank moet hou, vir potjiekos, vir kommersiële gebruik soos funksies en kosstalletjies. Wanneer jy konsekwente hitte oor ure wil hê is Sekelbos een van die mees betroubare opsies vir braai.

Sekelbos is not “light braai wood” – it is an industrial-grade heat wood used where the fire may not fail. This wood comes from the bushveld regions of South Africa and parts of Namibia and Botswana. It is a slow-growing hardwood with a very dense fiber structure, which means it burns differently from ordinary firewood.

What it offers is a very high heat output (not just “warm” – intense heat), long-lasting stable coals that do not burn out quickly, reliable fire for long braai sessions, and minimal smoke when it is properly dried.

Sekelbos is suitable for large family braais where the fire needs to last long, potjiekos, and for commercial use such as events and food stalls. When you need consistent heat for hours, Sekelbos is one of the most reliable options for braai.

KNOPPIESDORING

Knoppiesdoring is ‘n baie gewilde hardehout omdat dit ‘n goeie balans gee tussen hitte, brandtyd en gebruiksgemak. Dit is nie so aggressief soos Kameeldoring nie, maar ook nie swak nie – dit sit in die “sweet spot” vir gereelde braaiers.

Dit bied konsekwente hitte, maklike vuurmaak eienskappe, goeie kole vir standaard braai en het minder “maintenance” nodig as jy jou vuur bestuur.

Knoppiesdoring werk die beste vir daaglikse braai by die huis, medium grootte vleisstukke, sosiale braaie waar jy nie wil oor-analiseer nie, as jy wil braai sonder komplikasies.

Knoppiesdoring is a very popular hardwood because it offers an excellent balance between heat, burn time and ease of use. It is not as intense as Kameeldoring, but also not weak – it sits in the “sweet spot” for regular braai enthusiasts.

It offers consistent heat, easy fire-lighting properties, great coals for a standard braai, and requires less maintenance when you manage the fire.

Knoppiesdoring works best for everyday braais at home, medium-sized cuts of meat, and social braais where you don’t want to overthink things, when you want to braai without complications.

CHARCOAL

Charcoal is nie natuurlike hout in sy oorspronklike vorm nie, maar dit is een van die mees gebruikte braaibronne wêreldwyd. Dit is gemaak om vinnige, voorspelbare hitte te lewer. Dit bied vinnige opwarming, konstante hittevlak, maklike beheer van temperatuur met minder rook en vlamme.

Beste gebruik van charcoal is vir steak grills, vinnige sosiale braaie en vir stads- en beperkte ruimte braaie. Charcoal gee jou beheer, maar nie atmosfeer soos hardehout nie.

Charcoal is not natural wood in its original form, but it is one of the most widely used braai fuels worldwide. It is made to deliver quick, predictable heat. It offers rapid heat-up, a constant heat level, and easy temperature control with less smoke and fewer flames.

Best uses of charcoal are for steak grills, quick social braais, and for city or limited-space braais. Charcoal gives you control, but not the same atmosphere as hardwood.

BRIQUETTE

Briquette is saamgepersde houtmateriaal wat ontwerp is vir lang, egalige brand. Dit bied stabiele hitte oor tyd, lang brandtyd en minimale onderhoud tydens braai.

Dit is die beste vir ‘n oond-styl braai, vir lang kook sessies en wanneer konstante temperatuur belangrik is. Briquette bied voorspelbaarheid, nie intensiteit nie.

Briquettes are compressed wood material designed for a long, even burn. They provide consistent heat over time, long burning duration, and require minimal attention during a braai.

They are the best for an oven-style braai, for long cooking sessions and when a constant temperature is important. Briquettes offer predictability, not intensity.